ROOI PEPER (CAYENNE PEPPER):

ROOI PEPER (CAYENNE PEPPER):


Daar word beweer dat Rooi Peper geen gelyke ken wanneer dit kom by voorkoming van
siektes en verbetering van bloedsirkulasie in die liggaam nie.

Dit verhoog die hart funksie, sonder om die bloeddruk te beinvloed. Daar is bewys dat
Rooi Peper die bloeddruk verlaag, hartaanvalle en beroertes voorkom.


Daar is ook gevind dat dit cholesterol vlakke en berging van vetselle in die liggaam
verlaag.


Rooi Peper is die mees bekendste en populêrste middel in die behandeling van arthritis
wêreld wyd. Dit verlig ligte tot matige neuralgie en spierpyne.


Rooi Peper het ook die vermoë om weefselselle in die maag op te bou en te vervang en
sodoende maag en dunderm ulkusse te genees.


Dit is bekend as die suiwerste en beste stimulant in die kruie wêreld, en verbeter
algemene gesondheid en immuniteit.


Dit verhoog bloedsirkulasie by persone met koue hande en voete.


Rooi Peper is ook ‘n populêre bestanddeel in haarverlies kruiemiddels.


Dit is hoog in karoteen (oranje en rooi kleurstof) wat tans hoogs aandag verdien vir hul
kanker-werende en anti-oksidante eienskappe.


Daar is bevind dat Rooi Peper die verbranding van vet en metabolisme in die liggaam
kan verhoog.


Gee verligting van pyn, wat voorkom by herpes zoster (gordelroos) uitbraak, en ander
vel toestande soos ekseem, ens. Dit suiwer die bloed en verlig pyn en juek wanneer
inwendig geneem word of uitwendig as ‘n room aangewend word.


Aambeie:

  • Rooipeper is ‘n wenner teen aambeie. Drink 3 maal per dag 1 teelepel in ‘n glas so
    warm as moontlik water. Paar druppels suurlemoensap kan bygevoeg word. Dit werk
    soos ‘n bom. Dit brand so bietjie as jy toilet toe gaan, maar jy raak dit gou gewoond.
  • Kry leë kapsules by apteek, vul met rooipeper (cayene pepper) drink 2, 3 keer per dag
    vir ten minste 2 weke, dan 2 soggens, hou aan hiermee, maak dit ‘n leefwyse, rooipeper
    baie baie gesond en natuurlik.


Arthritis/Rumatiek:

  • Sluit baie rooi peper in die dieet in, wat arthritis kan help voorkom.
  • Meng ¼ teel Rooi Peper, ¼ teel Borrie, ½ teel Kaneel, 1 teel heuning, neem drie keer
    per dag. Sluk af met melk om van brandsmaak ontslae te raak. Uitstekend vir rumatiek,
    arthritis pyne. Indien jy nie van die brandsmaak van die rooipeper hou nie, gooi mengsel
    in lee kapsules wat jy by apteke of Dischem koop, en drink.


Bloedsomloop & Spatare te verbeter:

  • Neem een teelepel Rooi Peper, gooi dit onder in die skoen, trek ‘n sokkie aan die voet
    en loop dan die hele dag met die Rooi Peper onder in die skoen. Dis belangrik om nie
    met kaal voete op die rooipeper te loop nie.
  • Drink ½ teel Rooi Peper gemeng met ½ teel Mostert in louwarm water 2-3 x per dag.
  • Elke oggend ‘n eetlepel tamatiesous, meng dit met ‘n mespuntjie Rooi Peper, Borrie en
    Gemmer, verhoog laaste drie na een week na halwe teelepel en dan na volgende week
    teelepel vol. (Gooi klein bietjie water by, meng goed en sluk weg)


Bloeddruk (Hoog):

  • Rooi Peper kan ook gebruik word vir hoë bloeddruk. ‘n Mespunt Rooi Peper, drie keer
    per dag ná etes, kan geneem word vir hoë bloeddruk.
  • Elke oggend ‘n eetlepel tamatiesous, meng dit met ‘n mespuntjie Rooi Peper, borrie en
    gemmer, verhoog laaste drie na een week na halwe teelepel en dan na volgende week
    teelepel vol. (Gooi klein bietjie water by, meng goed en sluk weg)


Vet afbreking & Metabolisme te versnel:

  • Meng kwart teel Rooi Peper, kwart teel Borrie, halwe teel Kaneel, 1 teel Suiwer Heuning (Raw Honey) met halwe glas warm water of melk en drink drie keer ‘n dag, voor etes.


Sooibrand:

  • Neem ‘n teelepel heuning of botter en maak ‘n sterk pasta aan met so ‘n kwart teelepel Rooi Peper. Die heuning/rooipeper mengsel stel jou in staat om sulke klein ‘balletjies’ te vorm wat jy dan met koue water soos n pilletjie insluk driekeer ‘n dag voor etes.


Cholesterol:

  • 1/4 t Rooi Peper, 1/2 t Kaneel, 1/4 t Borrie 1 t Heuning halwe glas lekker warm water 3x
    pd of drink dit in ‘n koppie rooibos tee of halwe glas melk.
  • Neem elke oggend ‘n eetlepel tamatiesous, meng dit met ‘n mespuntjie Rooi Peper,
    Borrie en Gemmer, verhoog laaste drie na een week na halwe teelepel en dan na
    volgende week teelepel vol. (Gooi klein bietjie water by, meng goed en sluk weg)


Nagsweet:

  • Drink ½ teel rooipeper in warm water voor slapenstyd.


Kouekoors:

  • Gooi bietjie Rooi Peper oor halwe koppie louwarm melk en drink.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *